Bruggenhoofden: Anastasia de Vries lewer rigtende bydraes in kritiese herevaluering van tale, geskiedenis en gemeenskappe

“Haar studies in Nederland het haar baie krities en bewus gemaak van die noodsaak om anders te kyk en so ook na die geskiedenis van Afrikaans, het sy gesĂȘ. Waar dit gaan oor kleur, ras, geloof, veral dan die Moslemgeloof, is al baie goeie vordering gemaak ten opsigte van die navorsing oor die geskiedenis van Afrikaans, maar nog te weinig is op die gebied van (Afrikaanse) kerktaalgeskiedenis in byvoorbeeld die Rooms-Katolieke Kerk gedoen.”