Clicks: Dis dié keer regtig Van Riebeeck se skuld

“Dis Jan van Riebeeck en sy opvolgers se pruike wat die grondslag vir die Eurosentriese harebedryf in Suid-Afrika gelê het. Natuurlik is enige gesprek oor harekwessies op die verkeerde grond gestel as jy nie ook verwys na die skreiendhede van apartheid en sy potloodtoetse nie. En dis inderdaad ’n maatstaf van die onvoltooide werk met rasseversoening dat relle oor hare en die vernederings van swart en bruin mense wat daarmee gepaard gaan, nog gereeld in skole uitslaan.”