Cordis Trust se Orde van die Goue Pen 2022: ’n onderhoud met Johan Allers

“Afrikaans sal uiteindelik al sy openbare funksies verloor. Reken maar met wetenskappers wat voorspel dat Suid-Afrika se bevolking teen die einde van hierdie eeu 80 miljoen mense sal tel. Ondanks die getalle-oorwig is daar geen enkele rede waarom Afrikaans nie sy amptelike status in Suid-Afrika behoort te behou nie. Wat dit betref, lê ons taal in ons eie (goeie) hande.”