Dawid Stuurman-lughawe ’n goeie (regstel-)vertrekpunt

“Sommige mense meen ons het belangriker, groter kwessies as naamsveranderings om aan aandag te gee. Hulle is reg as hulle verwys na korrupsie, armoede, en sekerlik vandag die gevolge van die Covid-regulasies. Maar hulle is selektief in hulle teregwysing. Die groter, onafgehandelde saak of taak is die regstelling (geleenthede en waardigheid) en herverdeling (grond en welvaart) waarsonder Suid-Afrika nie sommer na ’n meer regverdige, meer gelyke samelewing vordering sal kan maak nie.”