Deurbraak vir privaatsektor in die stryd teen COVID-19

“Die regering se aanspraak om die alleenverskaffer en -verspreider van COVID-19-entstowwe te wees het gesneuwel. Die weg is gebaan vir privaatverskaffers en -verspreiders om by die entstofprogram betrokke te raak en te help om toe te sien dat meer mense ingeënt word.”