Die klank van oorlog: Van Jerigo tot Oekraïne

“Wanneer die bose heers, bring dit kameraderie tot stand. Kameraderie maak van gewone mense helde. Joernaliste berig oor die ware stand van gebeure terwyl koeëls oor hulle koppe vlieg, Zelenski word staande toegejuig in die parlementsgeboue van wêreldmoondhede. ’n Dogtertjie in ’n bomskuiling sing die temalied van Frozen en word sodoende ’n simbool van jeugverset teen die Russiese invalle.”