Die meeste ouers vra dat skole gesluit bly

“Skole is veronderstel om op 25 Januarie vir onderwysers en bestuurspersoneel en op 27 Januarie vir leerlinge te heropen. ’n Studie wat deur die Universiteit van Johannesburg en die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) gedoen is toon egter dat 53% volwasse Suid-Afrikaners wil hê skole moet gesluit bly totdat die COVID-19-situasie verbeter het.”