Die "professionele klas" uitgedaag in ’n gesprek oor Songezo Zibi se Manifesto

“As die nodige verskil gemaak kan word deur ’n professionele klas wat uiteindelik die werkersklas tot voordeel kan wees, is die geld wat spandeer is in die opleiding van die professionele klas, dus tot voordeel van almal. Indien die professionele klas egter hul opleiding slegs tot voordeel van hulself gaan gebruik, sal diegene met geen opleiding nie in opstand kom, want hulle sal nie ’n ander opsie hê nie.”