Die talle vertalings van Riet de Jong-Goossens: ’n tuiste vir Afrikaans in Nederlands

Riet de Jong-Goossens is reeds vir dekades ’n gerekende, meermale bekroonde vertaler van Afrikaanse werke in Nederlands. Ná die verskyning van ’n sestigtal vertaalde boeke in verskeie genres en nóg wat uit haar pen op pad is, het sy per e-pos met Willem de Vries oor die uitdagings en vreugdes van literêre vertaling gesels.