Die vergete erfenis van Suid-Afrikaanse Nederlandse literatuur

“Op 26 April 2025 is die gesogte prestasieprys van die Van Ewijck Stigting tydens ’n seremonie by SASNEV in Pinelands, Kaapstad, toegeken aan Eep Francken en Olf Praamstra vir hul baanbrekende boek Geen land voor dromen: geschiedenis van de Zuid-Afrikaanse Nederlandse literatuur. … Die boek, wat poësie, toneel en prosa in Suid-Afrikaanse Nederlands van 1652 tot die 21ste eeu dek, word geprys vir sy noukeurige navorsing en die manier waarop dit ’n verwaarlooste faset van die Nederlandse literêre erfenis na vore bring.”