Die wit Afrikaner se hardkoppige dwarstrekkery en wantroue in ’n entstof

“Die wetenskap het oor en oor bewys die entstowwe teen COVID-19 is veilig en effektief en voorkom hospitalisasie, ernstige siekte en die dood. Maar ’n groot groep mense wat hulself as Afrikaners beskryf, skop was. Hulle is weer vryburgers, trekboere, Voortrekkers en Bittereinders. Tot almal se nadeel.”