Druk op Suid-Afrika om Poetin te arresteer

“Suid-Afrika is onder groot druk om die Russiese president, Wladimir Poetin, te arresteer wanneer hy die land later vanjaar vir die Brics-beraad besoek. Omar al-Basjir is in 2015 toegelaat om Suid-Afrika te verlaat sonder om ingevolge die Internasionale Misdaadhof-wetgewing aangehou te word.”