Een-maal-in-’n-leeftyd-geleentheid: Taalunie Zomercursus Nederlands

“In Augustus 2019 het ’n groep van 120 internasionale studente van 30 lande bymekaargekom om vir twee weke lank die Taalunie Zomercursus Nederlands (TZN) by die Universiteit Gent in België by te woon. Die oogmerk van hierdie kursus is om aan studente wat Nederlands aan ’n universiteit in die buiteland studeer die geleentheid te bied om hulself te verdiep in die Nederlandse en Vlaamse taal, kultuur en beroep. Dit bied dit ook ’n besondere geleentheid om medestudente van oral oor die wêreld te leer ken, asook netwerke en vriendskappe te bou wat nooit andersins moontlik sou gewees het nie.”