Erentia Bedeker: onopgesmuk, internasionaal bekroon, redelik onbekend in haar eie land

Ruby & Roach reis nou al vir vier jaar van fees tot fees. Tot op hede is ons kortfilm al vir 77 filmfeeste gekies, het dit 26 benoemings ontvang en is dit bekroon met 18 pryse. Dit klink dalk esoteries, maar ek oorleef op geloof. My bankrekening was nog nooit dolleeg nie. Wanneer een projek afgekeur word, dan is daar altyd op die regte tyd ’n volgende geleentheid wat kom aanklop.”