"Erfenis" kry hier nuwe betekenis

“Alles is ontwikkel om jou sintuie én brein te stimuleer. Daar is geluide en tasbare uitstallings, klanke en klieks, en dis soms moeilik om te glo jy is so naby aan die Moederstad, want dit voel asof jy honderde jare gelede in die rooi duine van die Noord-Kaap dwaal met ’n boog op jou rug en ’n volstruiseierdop vol water.”