Fopnuus in grendeltyd oor Kaapse luiperds

“Van die beeldmateriaal wat deesdae op sosiale media versprei word, is nie noodwendig geneem sedert die grendeltyd nie. Dit beteken dus nie luiperds loop skielik die wêreld vol sedert die staat van inperking nie. Van die diere se bewegings is al telkemale vantevore op kamera vasgelê.”