Aan die einde van wat internasionaal allerweë ’n uitdagende jaar was, daag daar vandeesmaand in letterkundestudies iets met die aard van ’n nuwe lente en ’n nuwe geluid op in die vorm van die eerste webinaar van die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die studie van Suid-Afrika (GAZ). Akademici van verskeie wêrelddele gaan hieraan deelneem. Die koördineerder van die webinaar is die Tsjeggiese vertaler van Afrikaanse letterkunde Martina Vitackova. Sy gesels met Willem de Vries.
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed