Gemeenskappe staan saam terwyl plundering voortduur

“In Khayelitsha, Gugulethu en ander gebiede in Kaapstad het van die inwoners ’n menslike skild by sommige winkelsentrums gevorm teen moontlike plundering met plakkate wat lui: Geen plundering nie. eNCA het ook berig van buurtwagte en ander gemeenskapsforums in die Wes-Kaap wat saamstaan om te verhoed dat die plundering wat in ander dele van die land plaasvind, na hierdie provinsie oorspoel.”