Gesoek: ’n minister van die toekoms

“Gaan ons ’n postpandemie hê, of gaan dinge maar net aangaan soos tevore, post die pandemie? Die groter probleem in Suid-Afrika is dat ons gekoloniseer is deur die verlede, beide omdat sy vergrype ons laat met bykans onoorkomelike ongelykhede, en omdat ons denke oorheers word deur kwessies gedryf deur 19de-eeuse ideologieë. Die meerderheid Suid-Afrikaners veg nog teen Britse kolonialisme en apartheid, terwyl die nuwe kolonialismes bedryf word deur Microsoft, Facebook, Twitter, Amazon en Google.”