God praat Afrikaans met HemelBesem en Raj Mohan: ’n teaterresensie

“Die gehoor word herinner aan Afrikaans se kulturele bande met Nederlands, en Afrikaans se oorsprong uit Nederlands, maar ook dat Afrikaans ’n taal uit eie reg is. Afrikaans is ’n taal vir almal wat hom praat. ’n Taal van vele fasette. HemelBesem wil die idee afbreek dat Afrikaans net vir die Afrikaner is, dat dit ’n taal net vir wit mense is.”