Groot feeste meet die "temperatuur" van die land

“Uiteindelik kom daar ook ’n ‘samekoms’ in die kunste onder die verskillende rasse en kulture in die land voor. Versoening, aanklag, spot, vernedering, uitdaging en pret is die onderwerpe wat oral in die kunste opduik. Dalk help die heersende kwaadwilligheid in die politiek om die kunste so te laat blom?”