Grootste William Kentridge-uitstalling ter wêreld in Kaapstad te sien

“Wat die uitstalling verder betekenisvol maak, is die feit dat daar nie net op sy kunswerke gefokus word nie, maar ook op hoe hy in sy ateljee te werk gaan om sy kuns te skep en hoe sy kreatiewe proses ontvou. Die uitstalling gee veral aandag aan die rol van ateljeepraktyk in sy loopbaan. Dié unieke uitstalling word gesamentlik deur die Zeitz MOCAA en die Norval-stigting aangebied. Why should I hesitate: Putting drawings to work (Zeitz MOCAA) en Why should I hesitate: Sculpture (Norval-stigting) sal tot Maart 2020 besigtig kan word.”