Groter vryhede wink van Maandag vir Suid-Afrikaners

“Van Maandag af kan Suid-Afrikaners na hartelus weer enige tyd van die dag in die buitelug gaan oefen of gaan stap mits dit nie in groepe is nie. Hulle mag ook weer sekere dae van die week ’n koue bier of ander alkoholiese drank gaan koop om mee te ontspan, maar mag dit net in hulle eie huise drink.”