Hoogleraar Margriet van der Waal bekyk geskiedenis van SA leerstoel in Amsterdam en die rol daarvan vandag

“Hoewel die geskiedenis van die Amsterdamse leerstoel … vir sekere mense ’n uiting van ’n stamverwantskap bly … bied die leerstoel … die geleentheid om … krities na ons eie geskiedenis te kyk en die veelvuldige verstrengeling van die Suid-Afrikaanse ervaring waarop en deur middel waarvan kultuur gereflekteer word.” Só sê prof. Margriet van der Waal, bekleër van die leerstoel Zuid-Afrikaanse letterkunde, cultuur en geschiedenis aan die Universiteit van Amsterdam. Van der Waal het op Saterdag 3 Augustus by SASNEV ’n lesing oor die geskiedenis en die leerstoel in sy huidige vorm aangebied. Willem de Vries lewer verslag.