Jeugdag – wat sou gebeur het as iemand geluister het?

“‘If we must do Afrikaans, Vorster must do Zulu,’ het een van die plakkate gelui wat op 16 Junie 1976 deur die betogende jeugdiges gedra is. Hul opstand was teen die besluit van die apartheidregering en die destydse Bantoe Onderwys-stelsel wat in 1974 geneem is en bepaal het dat swart leerders in Afrikaans onderrig moet ontvang.”