Klimaatskrisis – siektes, brande, vloede, hitte – reeds hier

“Die verandering in klimaat is reeds sigbaar en tasbaar vir ons. Aansienlik hoër temperature in verskeie wêrelddele, oorstromings, droogtes, storms en brande bedreig mense en ander lewe. … Die klimaatskrisis is nie ’n probleem vir die volgende generasie in 2100 nie – kinders wat nou gebore word, sal dan leef. Wil ons ’n onleefbare woesteny aan hulle nalaat?”