“In die huidige globale raamwerk vir entstowwe gaan die armer lande net 20% van die entstowwe teen die einde van aanstaande jaar kry. […] Miskien kan ons Mbeki of ons Grendeltante Nkosazana kry om, soos in die geval van die Virodene anti-MIV-entstof, ’n plan te maak om entstowwe in die ruimte te gaan stoor. Aan die ander kant het die meeste van die wetenskaplike en organiserende talent wat ons daarvoor sou kon inspan, soos Elon Musk, reeds verhuis na ander lande wat hulle beter behandel.”
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed