Kreolisering, die Afrikaanse letterkunde en kultuur: ’n onderhoud

“Ek probeer, seker ’n bietjie uitdagend, die krag van kreolisering en verbastering in die Afrikaanse letterkunde verken, maar ook vier. Ek ondersoek dus doelbewus die vermenging met ander tale en kulture wat soms as ‘onsuiwer’ of as ‘verbastering’ beskou word en ook hoe sienings van ‘suiwerheid’ en ‘onsuiwerheid’ deur die jare verander het. Ek probeer dit verstaan binne groter netwerke van kulture en tekste.”