Kroeë en kerke weer oop, maar hofsake gaan voort

“Vinpro sê in hul verklaring daarom sal hulle voortgaan met die aansoek, wat op 27 Januarie 2021 by die Kaapse Hooggeregshof ingedien is, om tussentydse regshulp aan te vra wat die premier van die Wes-Kaap die mag sal gee om van die algehele en landswye verbod af te wyk om die verkoop van drank op persele en vir tuisverbruik in die Wes-Kaap moontlik te maak. Soortgelyke verligting met betrekking tot die ander provinsies sal versoek word.”