Liefdesverhouding oor landsgrense heen

Die rooi trem – ’n liefdesreis ná 40 jaar hervat is, soos die subtitel aandui, die verhaal van ’n verbreekte liefdesverhouding wat na 40 jaar hervat is. Die rooi trem is dan ook ’n metafoor vir Stephanie en Henk Rappard se reise (op meer as een vlak) en die avonture wat hulle hernude samesyn vir hulle gebring het.”