Middelburgstasie: Nostalgie op ’n treinperron

“Dis werk aan ’n televisiereeks wat my die eerste maal in my lewe van die N4 laat afdraai en in Middelburg, Mpumalanga tot stilstand bring. Maar nie sommer enige plek in die dorp nie, o nee, by die stasie. ’n Sierlike sandsteengebou van 130 jaar oud, wat sy bestaan te danke het aan ’n Nederlandse maatskappy van ’n vorige lewe,” skryf Maryke Roberts.