Neerlandistiekdag 2026 en die Alfred Schaffer-erelesing: Wanneer ’n taal joune word sonder dat dit jou moeder se taal is

“Die gesprek met Mustafa Stitou het gewys waarom taal- en letterkundestudies uiteindelik oor veel meer as boeke en tekste gaan. Dit gaan oor mense. Oor waar ons vandaan kom, waar ons beland, watter tale ons praat, watter gelowe ons erf en verloor, watter familieverhale ons met ons saamdra en hoe ons dit alles probeer verstaan.”