Nuwe tydvak wink ná Suid-Afrika se historiese stemdag

“Die verskyning nou van twee reënboë moes ook van metaforiese waarde wees. Wat dit was, was my nie beskore om met presiesheid te kon bedink nie. Dit sou, spekulatief of by nadenke, kon beteken dat ’n dubbele seëning oor die land rus – of op die land wag.”