Ons Perspektief – A virtual exhibition by Vrystaat Kunstefees 2020

Ons Perspektief is ’n samewerkingsprojek van die Nederlandse kuns/hip-hop-kollektief BrotherTill en verskeie Afrika-rymkletskunstenaars. Hulle vermeng musikale style en agtergronde om werk te skep wat nie net musikale genres nie, maar ook grense tussen dissiplines, lande en kulture transendeer. Marli van Eeden gesels met BrotherTill, HemelBesem, Yoma en Frazer Barry.