Ons Perspektief – A virtual exhibition by Vrystaat Kunstefees 2020

  • 0
“Het is een interdisciplinair en internationaal project. Zuid-Afrika en Nederland delen één geschiedenis die vanuit zeer diverse perspectieven verteld kan en moet worden.” Mathijs van Til van BrotherTill
“Rymklets is nie altyd reg nie, maar dit is altyd opreg.” HemelBesem
“Die doel is om ons perspektiewe te deel en ook hoe divers dit en ons is, tog kan ons buiten ons verskille toor met ons kuns.” Yoma
“Daar was nog nooit ’n beter tyd as nou vir Afrikaans en Nederlands om die tale, kulture en die gemene faktor van een genre genaamd rap, hip-hop-musiek en woordkuns om die tafel laat sit sodat ’n sinvolle dialoog ontwikkel kan word nie.” Frazer Barry

Ons Perspektief is ’n samewerkingsprojek van die Nederlandse kuns/hip-hop-kollektief BrotherTill en verskeie Afrika-rymkletskunstenaars. Hulle vermeng musikale style en agtergronde om werk te skep wat nie net musikale genres nie, maar ook grense tussen dissiplines, lande en kulture transendeer.

Vir die Vrystaat Kunstefees het BrotherTill ’n virtuele galery gekureer wat die kyker deur die diverse werk van dié kunsprojek begelei. Dis ’n retrospektiewe uitstalling, maar ook ’n lewende virtuele verhoog om nuwe perspektiewe te ervaar. 

BrotherTill, HemelBesem, Yoma, die Hooflig, Broederbond (Breimasjien & Jah Logo), Jodas, Frazer Barry (Tribal Echo), Oxijin, Churchil Naude, Stef Bos, Lee-ursus Alexander, Roots Rising, en NESS is almal betrokke by hierdie interessante samewerking.

Nederlandse kuns/hip-hop-kollektief BrotherTill:

#brothersinart

Posted by BrotherTill on Thursday, September 17, 2020

BrotherTill, HemelBesem, Yoma en Frazer Barry vertel meer.

Vertel asseblief meer oor Ons Perspektief – a virtual exhibition – wat behels dit?

BrotherTill: Ter gelegenheid van het Vrystaat Kunstefees exposeren wij eenmalig deze digitale overzichtstentoonstelling waarin alle audiovisuele kunstwerken van het project “Ons Perspektief” te bezichtigen zijn. Je kan op je smartphone of computer rondlopen in een zelfgemaakte virtuele expositieruimte. Je loopt rond als een avatar, en bent zichtbaar voor alle online bezoekers van de expositie. Er is de mogelijkheid om contact te maken met de andere bezoekers via je microfoon of via de chat. Daarnaast biedt deze digitale aangelegenheid een virtueel podium voor de artiesten van het project Ons Perspektief: elke woensdag, donderdag en vrijdag is er een live-stream performance + Q&A in de expositieruimte en op Facebook/Youtube. Het is een virtuele realiteit in de meest menselijke vorm.

BrotherTill (Mathijs en Peter van Til)

Van waar die inspirasie vir die projek?

BrotherTill: Het project “Ons Perspektief” gaat over perspectieven en blinde vlekken. Hoe kijk jij naar de wereld? Wat zie jij, wat ik niet zie? Gesprekken die ontstaan vanuit een nieuwsgierigheid, maar ook vanuit een erkenning van je eigen onwetendheid. Deze vragen stellen we terwijl we met elkaar samenwerken – in welke discipline dan ook. Deze gesprekken worden uiteindelijk door de muzikaliteit en theatraliteit van het moment omlijst. Het is een interdisciplinair en internationaal project. Zuid-Afrika en Nederland delen één geschiedenis die vanuit zeer diverse perspectieven verteld kan en moet worden. Dit is één van de redenen dat het project “Ons Perspektief” plaatsvindt in juist deze twee landen.

Die albumbekendstelling van Ons Perspektief, met HemelBesem en Die Hooflig

Wat is die doel van hierdie projek en wat beteken dit vir julle? Watter boodskap wil julle aan die gehoor oordra?

BrotherTill: Stel vragen. Luister. Vertel. Deel. Geef aandacht aan datgene wat buiten jezelf ligt en niet van jou is, namelijk een ander perspectief.

Frazer Barry: Daar was nog nooit ’n beter tyd as nou vir Afrikaans en Nederlands om die tale, kulture en die gemene faktor van een genre genaamd rap, hip-hop-musiek en woordkuns om die tafel laat sit sodat ’n sinvolle dialoog ontwikkel kan word nie. Die boodskap is eenvoudig: Alhoewel mense of kunstenaars in verskillende ruimtes op hierdie aarde leef, kan die ervaring dieselfde wees, maar elkeen het tog sy of haar eie perspektief. Daardie verskillende perspektiewe word onder die soeklig geplaas, maar dit word ook gevier.

Yoma

Yoma: Die doel is om ons perspektiewe te deel en ook hoe divers dit en ons is, tog kan ons buiten ons verskille toor met ons kuns. Dis vir my ’n moerse eer om ’n bydrae te kon lewer.

Hoe het dit gekom dat julle groep kunstenaars besluit het om saam te werk?

BrotherTill: Simon Witbooi (HemelBesem) is iemand die we al kennen van voor het project. De eerste internationale samenwerking die wij als BrotherTill deden was met hem; iets dat vanuit een spontaan initiatief is begonnen en uiteindelijk het fundament heeft gevormd van dit gehele project. Ook via Hemelbesem hebben wij alle andere artiesten ontmoet.

Frazer Barry: Ek was op toer in Nederland en was deel van ’n paneel saam met Lee-ursus, Jitsvinger en Margriet van der Waal wat hip-hop-musiek/woordkuns en die belangrikheid van die kunsvorm bespreek het. Daar het ek vir Mathjis van Til ontmoet. Hy het die projek saam met my en Lee-ursus bespreek en die res is geskiedenis. Mathjis het onderneem om sy eie sending na Suid-Afrika aan te pak en het ontmoetings met ander rymkletsers gehad. 

Hoe is die ervaring om saam met die ander kunstenaars te werk?

BrotherTill: We zijn ontzettend dankbaar dat zoveel verschillende artiesten hun perspectief via dit project met ons en het publiek willen delen. Elke samenwerking is daarin uniek en waardevol. De woorden van de “rymkletser” – veelal in het Afrikaans – zijn voor ons, als Nederlandse kunstenaars, iets dat af en toe dichtbij lijkt te komen, en ons vervolgens weer met verbazing achterlaat. De taal beweegt mee met de tijdsgeest en de richting van de wind, terwijl ons Nederlands vocabulaire af en toe vast lijkt te zitten in eeuwenoude codes.

BrotherTill en Lee-ursus Alexander

Daarnaast gaat hun muzikaliteit hand in hand met een eigenzinnige voordracht. Wij worden geïnspireerd door de verscheidenheid aan muzikale stijlen die bij de “rymkletsers” te vinden zijn – van de akoestische klanken van Tribal Echo tot de elektronische beats van Breimasjien (Broederbond). De muziek vertaalt de tekst.

Frazer Barry: Musiek word uit die staanspoor geskep om met ander mense te deel. Dit is dan ook waardevol vir kunstenaars om uit hul gemaksone te beweeg sodat daar kruisbestuiwing kan plaasvind. Vir my is dit hoog op die agenda om met ander kunstenaars saam te werk, aangesien dit my help om my voete plat op die grond te hou; dit help my om te groei en dit verryk my ervaring. Daar is soveel voordele wanneer kunstenaars saamwerk. Die feit dat ons internasionaal kon saamwerk, maak dit selfs meer besonders.

Frazer Barry

Yoma: Dit wás besonders! Ek is mal oor BrotherTill se vaardigheid en vernuf! Dit was ook uitdagend, want die tipe musiekbegeleiding waarmee ek gewerk het, was 'n eerste vir my. Dit was lekker om buite my gemaksone te skep. Ek is mal daaroor om my horisonne te verbreed.

Wat is van die hoogtepunte wat vir jul uitstaan van die samewerking?

BrotherTill: Dit moment – deze virtuele overzichtstentoonstelling – is een hoogtepunt. Met trots kijken we naar al datgene wat dit project heeft voortgebracht, en ook – vanaf dit hoge punt – zien we goed wat er nog komen gaat. In 2021 gaan we hopelijk verder met onze tour in Zuid-Afrika en Nederland. We willen nog meer kunstenaars en kunstdisciplines erbij betrekken. Op die manier willen we nog meer vorm geven aan alle perspectieven.

BrotherTill en Lee-ursus Alexander

Frazer Barry: Dit is vir my wonderlik dat die Ons Perspektief-album die lig gesien het. Dat baie van die kunstenaars wat op die album verskyn, mekaar nog nooit ontmoet het nie, of nie voorheen saamgewerk het nie, al ken hulle mekaar. Dat daar moontlikhede is om toekomstige projekte aan te pak wat in Suid-Afrika en Nederland groot impak kan maak. Dit is wonderlik om te weet dat daar geen beperking op samewerking tussen Afrikaanse en Nederlandse kunstenaars is nie!

Ook HemelBesem vertel meer:

HemelBesem (Foto: Izak de Vries)

Ons Perspektief duur tot 12 November 2020. Vir meer inligting besoek die Vrystaat Kunstefees se webtuiste.
Kyk hier na Ons Perspektief-vertonings op Facebook:

Lees ook op Voertaal:

HemelBesem: rymkletser en Afrikaanse brugbouer

HemelBesem: "Awêh, Amsterdam!"

Toyota US Woordfees 2020: HemelBesem en Tilman Dedering vertel meer oor Nama-vryheidsvegter Hendrik Witbooi

God praat Afrikaans met HemelBesem en Raj Mohan: ’n teaterresensie

Frazer Barry: "Stilte dra die geraas"

Frazer Barry: "Ik heb ervoor gekozen om Khoi te zijn"

Frazer Barry oor Festival voor het Afrikaans 2018

Week van de Afrikaanse roman 2019: onderhoud met Frazer en Deniel Barry

Lees ook op LitNet:

HemelBesem: “Ek glo dat die taal steeds besig is om te groei”

Aardklop 2017: ’n Onderhoud met YOMA

ATM vier Menseregtedag met HemelBesem, YOMA en Coenie de Villiers

“My P-woord is Pa”: HemelBesem en YOMA by die WAT

Toyota US Woordfees 2020: Woorde op akkoorde ‒ ’n viering van klank

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top