“Terwyl ons op die virus wag, is daar ritse aanbiedings om die dooie tyd om te kry, dikwels rolprente met clichétonele van mense wat in doodsangs wag vir die gevaar om die hoek: Tom Cruise vir die tentakels van die invallers uit die ruimte in The war of the worlds; Sigourney Weaver vir die tandewerk van die monster in Alien. Ons wag op die virus om haar uit te woed voor ons weer normaal kan word. Daarna gaan die wêreld verander, word ons belowe.”
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed