Oop kerke kry die wind van voor

“Daar bestaan gemengde reaksie onder gelowiges oor president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat kerke van 1 Junie onder streng voorwaardes weer eredienste mag hou. Die meeste geloofsleiers het die besluit verwelkom. Baie mense dink egter nie dit is ’n goeie plan nie.”