Oorlog in Oekraïne ruk Suid-Afrikaners se sakke

“Nadat dit agt maande lank konstant gedaal het, het die jaarlikse brood- en graaninflasie in Februarie tot 3,7% gestyg van 1,5% in Januarie. Hierdie kategorie sluit graangebaseerde voedsel in wat van koring, rys en mielies gemaak word. Die maandelikse verandering was ook beduidend.”