Openbare ruimtes word met kuns versier

“Die eerste Openbare Kuns Abu Dhabi Biënnale (PAADB) is tans in die strate, parke en binnehowe van Abu Dhabi onderweg en duur tot 25 April. Die kleurvolle installasies maak die mooi sypaadjies en ruimtes nog mooier en bring kuns na Jan Alleman,” skryf Maryke Roberts ná ’n besoek aan dié woestynstad.