Oud en nuut neem sommer lekkerbekkig hande op Vergelegen

“Ek gaan stap weer deur die tuin; kyk hoe die son deur die kamferbome dans, die voëls in die vlak dammetjies baljaar en hoe toeriste kraai van plesier soos hulle om hoekies en draaitjies stap en net nog mooier tonele sien. Ek sien uit na die volgende 30 jaar se ontdekking, vernuwing en avonture hier, maar ook om te sien hoe die plaas steeds sal terugkeer na die ryk erfenis wat só deel van ons almal se murg geword het.”