Parlement hou minister verantwoordelik vir gesloer met COVID-19-entstof

“Tydens ’n onlangse vergadering het die Minister aangekondig dat Suid-Afrika nog dié maand een miljoen dosisse entstof uit Indië gaan kry. Gesondheidswerkers sal voor in die tou wees om die entstof te ontvang wanneer dit toegedien word, het Mkhize gesê. Daar is ongeveer 1,25 miljoen gesondheidswerkers in Suid-Afrika.”