PEN Nederland Jakes Gerwel-inwoonskrywer: ’n onderhoud met Emma Crebolder

Emma Crebolder staan bekend as ’n klimaatdigter. Sy is altyd bewus van die lande waar sy haar bevind se skoonheid, se tale – en dink sy verantwoordelik na oor die betrokke land se gesteldheid. Of dit nou ten opsigte van die weer is, of algemene (in-)gesteldheid van die land se inwoners teenoor mekaar. Emma, sou mens kon sê, is ’n waarnemer en analis van haar omgewing. Hier is ’n artikel oor dié digter, wat onlangs tagtig jaar oud geword het.