Emma Crebolder staan bekend as ’n klimaatdigter. In haar gesprek wat sy per Zoom met Naomi Meyer gevoer het, syfer dit deur dat sy altyd bewus is van die lande waar sy haar bevind se skoonheid, se tale – en dink sy verantwoordelik na oor die betrokke land se gesteldheid. Of dit nou ten opsigte van die weer is, of algemene (in-)gesteldheid van die land se inwoners teenoor mekaar. Emma, sou mens kon sê, is ’n waarnemer en analis van haar omgewing. Hier is ’n artikel oor dié digter, wat onlangs tagtig jaar oud geword het.
Emma Crebolder is een van ses skrywers wat onlangs vir ’n maand lank in Paulet Huis te Somerset-Oos gaan skryf het. Die residensie is moontlik gemaak deur ’n ruim borgskap van die Jakes Gerwel Stigting. Crebolder is deur PEN Nederland vir die verblyf genomineer.
Hier is die agtergrond van die residensie:
Gesprek oor die skrywersresidensie in Paulet Huis, Junie 2022
Emma Crebolder is ’n Nederlandse klimaatdigter wat vanjaar haar 80ste verjaardag vier. Emma het via PEN Nederland van die PEN-skrywersresidensie te hore gekom. Sy het nie gedink dat haar aansoek om vir ’n maand in die Oos-Kaap te kom skryf sou slaag nie, aangesien sy gereken het dat slegs jonger skrywers die geleentheid sou kry. Groot was haar verbasing dat die skrywersresidensie toe inderdaad bygewoon is deur skrywers en digters van alle ouderdomme.
Per Zoom het sy aan Naomi Meyer, wat drie weke van die verblyf saam met Emma spandeer het, vertel dat sy in 1942 in Sint Jansteen in Zeeuws-Vlaanderen gebore is, en Duitse taal en letterkunde in Utrecht studeer het. Haar man, wat in 2019 oorlede is, was ’n mediese dokter. Hulle het drie dogters en ses kleinkinders.
Emma het van jongs af baie van stories gehou. Sy het graag buite gespeel en het vertel hoedat sy soms op haar eie gespeel en in haar eie verbeeldingswêreld geleef het. Vir Emma was koeie wat deur die strate van Somerset-Oos gewandel het, nie eens aldag so vreemd soos vir die Suid-Afrikaanse medeskrywendes nie! Emma se kindertydervarings in Nederland was op die platteland.
..........
Emma se verbintenis met Afrika het begin deurdat sy ’n paar jaar lank saam met haar man in Tanzanië gebly het. Hy het as dokter daar gepraktiseer. Emma het vertel dat daar ook ander Europeërs in Tanzanië was gedurende die tyd dat hulle daar was, maar sy wou die mense leer ken en het moeite gedoen om Swahili te leer praat.
............
Emma se verbintenis met Afrika het begin deurdat sy ’n paar jaar lank saam met haar man in Tanzanië gebly het. Hy het as dokter daar gepraktiseer. Emma het vertel dat daar ook ander Europeërs in Tanzanië was gedurende die tyd dat hulle daar was, maar sy wou die mense leer ken en het moeite gedoen om Swahili te leer praat. Haar aanvanklike wyse om touwys te raak, was om met die plaaslike inwoners te praat. Dit het haar opgeval dat sy een van weinig Europeërs was wat moeite gedoen het om die taal te leer praat.
Met haar terugkeer na Nederland het sy Afrika-tale begin studeer, met Swahili as haar hoofvak. So passievol is Emma oor die taal dat sy inderwaarheid ’n gedig in vier verskillende tale geskryf het.
Sy lees die gedig in hierdie video-opname voor. Die oorspronklike gedig, asook al die vertalings daarvan, het sy self geskep (en vertaal).
Emma se sonderlinge verbintenis met Swahili het veroorsaak dat sy dekades lank Swahili as vak in Nederland onderrig het.
Om tyd saam met Emma te spandeer, is om bewus te word van haar passie vir die tale van die omgewing.
.........
Om tyd saam met Emma te spandeer, is om bewus te word van haar passie vir die tale van die omgewing.
..........
Emma het gedurende die verblyf in Somerset-Oos ook gewys op hoe dikwels Suid-Afrikaners nie mekaar se tale kan praat nie. ’n Moontlike rede hiervoor sou kon wees dat Suid-Afrikaners dalk nie aldag so passievol oor mekaar as mense is en dus nie moeite sal wil doen om mekaar se spreektale te bemeester nie. Daar is soveel magsverhoudinge wat soms in die pad staan daarvan dat mense mekaar se tale onder die knie kry. Doodgewoon mekaar in die oë kyk en by mekaar leer, meen Emma.
..........
Emma is net so passievol oor die mense van die omgewing, en ’n opvallende verbintenis is tydens die skrywersresidensie beleef. Emma het baie tyd saam met Mphuthumi Ntabeni en Loit Sôls spandeer. Loit se Ghoema-agtergrond en die navorsing waarmee Mphuthumi besig was oor Skotse sendelinge het Emma se navorsing – op haar beurt aan ’t put uit die plaaslike kennis van die eerste mense van die omgewing – kruisbestuif.
...........
Emma is net so passievol oor die mense van die omgewing, en ’n opvallende verbintenis is tydens die skrywersresidensie beleef. Emma het ook tyd saam met Mphuthumi Ntabeni, Mia Arderne en Loit Sôls spandeer. Loit se Ghoema-agtergrond en die navorsing waarmee Mphuthumi besig was oor Skotse sendelinge het Emma se navorsing – op haar beurt aan ’t put uit die plaaslike kennis van die eerste mense van die omgewing – kruisbestuif. Die skrywersresidensie was ’n omgewing waar die skrywers, almal besig met gans verskillende skryfprojekte, mekaar se temas kon help verruim. Hoe opvallend dit was dat mense van totaal verskillende agtergronde soveel by mekaar kon leer, is telkens met verwondering opgemerk.
Emma deel klimaatdigterskap met Elodi Troskie, wat ook gedurende dieselfde tyd in Somerset-Oos kom skryf het. Elodi het ook onlangs ’n artikel oor Emma vir Klytji geskryf.
Uiteindelik is by die skrywersresidensie met mekaar gepraat in al die tale wat mekaar toegang tot mekaar se wêrelde kon gee. Daar is dus klanke gehoor van Afrikaans, Nederlands, Engels, Ghoema, Swahili en Xhosa.
Emma se kennis van Afrikatale is maar één op ’n kundigheidslys van kennis oor Afrika waaroor sy beskik. Opvallend dat Emma telkens die skrywer op die residensie was wat meer van die kontinente van Afrika, sy kundiges en kuns, geweet het as sommige van die ander (Suid-Afrikaanse) skrywers. Haar belangstelling in die kuns en navorsing van Pippa Skotnes het onder andere veroorsaak dat Emma gedurende haar tyd in Suid-Afrika 'n draai in Kaapstad gaan maak het om nog meer omtrent hierdie Suid-Afrikaanse kunstenaar uit te vind. Sy stap ook 'n pad saam met ander Suid-Afrikaanse digters en skrywers soos Heilna du Plooy en Carina van der Walt.
Van reise en wandelinge op die lewenspaaie gepraat: ten spyte van haar tagtigjarige ouderdom het Emma letterlik saamgestap op ’n dag lange staproete. Met groot gemak.
Die staptog was inspirerend op alle vlakke. Emma het na aanleiding hiervan die volgende gedig oor die omgewing van Somerset-Oos geskryf: “Van boombos naar bosberg en bosbok”.
Van boombos naar bosberg en bosbok
Vanaf mijn boombos kan ik over
continenten naar de bosberg reiken.
Daar in het voetspoor van gazellen
en de civitkat onderdoor oude
Khoisan bomen zal de drenkplek zijn.
Zoals mij ooit de bosbok verscheen
komt in stuivende stilte de waterval neer.
Kniehoog in de stroom, houd me vast,
ruik het aas. Jij bent het grijze majesteit
hier gleden je hoeven af. Op drift
geraakt, geborgen in de oeverwal.
Emma pak nog vele ander wandelinge in Somerset-Oos aan. Saam met Emma kan mens in obskure systrate van die dorp gaan dwaal, of met haar die land en sy eienaardighede bespreek. Emma vind die Afrikaanse woorde "beslommernisse" en "sleurtake" al te heerlik om te ontleed. Sy geniet die sonskyn van Afrika, die skoonheid van die natuur. Om saam met Emma in hierdie land te stap, is om die land van nuuts af te aanskou.
Dit is dan ook so dat dit in haar digkuns so deur andere ervaar word. Haar fyn oog, haar aanvoeling vir taal.
Emma was die eerste amptelike stadsdigter van Nederland. Sy het in 2015 die Leo Herbergh-poësieprys ontvang.
Emma het al 20 digbundels die lig laat sien.
Uitvluchten is haar jongste bundel, wat by die onlangse skrywersresidensie voltooi en afgerond is.
Hier is ’n video-opname van die bekendstellingsgeleentheid van die bundel, onlangs in Nederland.
Lees ook:
Buro: NM