Riemtelegram oor Bacchus het drinkers op hol

“Gerugte dat die regering die verbod op die verkoop van alkohol later dié week weer gaan instel, het Maandag soos ’n veldbrand op sosiale media versprei. Dit is nie bekend hoe en waar die gerug ontstaan het nie. Die regering sowel as die polisie het op navraag gesê hulle dra geen kennis van so ’n besluit nie.”