#Staatsrede2023: Hoe staan sake in SA?
“Dit het wel by hom opgekom om die pos van die bestuurshoof van Eskom, asof dit die rede vir De Ruyter se bedanking was, as ’n ‘moeilike werk’ te bestempel. Nuus pas in, wat ’n aanduiding van ’n kopskuif aan die kant van die president is, is dat Ramaphosa besluit het om nie die Wêreld Ekonomiese Forum se jaarlikse Januarie-beraad in Davos by te woon nie. Hy wil eerder aan die energiekrisis aandag gee – net soos wat hy in September verlede jaar sy reis na Amerika en Engeland kortgeknip het om, déjà vu, aan die energiekrisis aandag te gee. Maar vra jy Suid-Afrikaners of hulle enige verandering sedertdien ervaar het, sal hulle jou met ’n fronsende uitdrukking aanstaar.”
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed