Storieboeke vir "vrylees" net so belangrik as Wiskunde in Nederlandse skole

In Suid-Afrika mor baie leerders oor die boeke op voorgeskrewe lyste wat hulle moet lees. Hoe dink Nederlandse skole oor die boeke wat hul leerders in die klas lees? Izak de Vries het dié vraag aan Solet Scheeres gevra. Sy is ’n dosent in Engels by d’Oultremontcollege in Drunen, Nederland.