Suid-Afrika wag (weer) op ’n kaptein

“Maar kritici was geregverdig daarin om vinnig die tekortkominge uit te wys toe Ramaphosa in sy staatsrede ’n denkbeeldige dertigjarige Tintswalo opgediep het om te illustreer hoedat sy deur die regering se HOP-huisie aan haar ouers, met lopende water en elektrisiteit, ’n Sassa-toelaag, NSFAS-beurs en teikens vir billike indiensneming, ’n goeie verhaal het om van drie dekades van die demokrasie te vertel. Die lewe van Tintswalo het vir sterk meningsverskille gesorg, nie slegs die aand nadat Ramaphosa sy staatsrede gelewer het nie, maar ook gedurende die debat oor die staatsrede die afgelope week.”