Toe nie wilder as wild by Wildekrans!

“Drie salige dae by Wildekrans-wynlandgoed buite Botrivier is net wat ’n moeë stadsiel nodig het. En boonop is dit net ’n katspoegie van Kaapstad af, wat beteken jy is op die plaas nog voor jou agterwêreld in die motor deurgesit is.”