Toyota US Woordfees 2022: Krotoa: Eva van de Kaap – ’n beskouing

“Die stuk is nie bedoel om ’n diep dokumentêre blik op die historiese karakters te bied nie, maar daar word dikwels uit Van Riebeeck se dagboeke en ander historiese bronne aangehaal. Uiteindelik is dit egter ’n metaverhaal – een wat goeie inligting gee oor die verlede, maar ook ’n moderne blik bied op ’n tyd wat lank reeds verby is.”