Tronkstraf weens ontgroening geëis, gasprobleme, partytjies en hekse

“Vyf jaar tronkstraf vir die hoofverdagtes in ’n ontgroeningsaak geëis; sewe mense deur twee gasontploffings beseer; Nederland wil voor die einde van die jaar alle aankope van gas en olie uit Rusland staak; €919 miljoen (sowat R15 miljard) om onderwysers meer te betaal; Koningsnag en -dag kan weer soos voor die pandemie gevier word; en ’n veroordeelde heks se naam gaan nie in ere herstel word nie.”